Nuwe verdienste-drempel vanaf 1 Mei 2026
Vanaf 1 Mei 2026 verhoog die verdienste-drempel na R269 600,90 per jaar (R22 466,74 per maand) – ’n styging van ongeveer 3%.
Hierdie drempel speel ’n rol in hoe sekere bepalings van die arbeidswetgewing toegepas word, veral rondom werksure, oortyd en vergoeding.
Kontak gerus KAW vir advies of hulp.