Voorgestelde wysigings aan arbeidswette 2026

Die Departement van Indiensneming en Arbeid het onlangs voorgestelde wysigings aan verskeie arbeidswette gepubliseer vir kommentaar.

Die wysigings fokus onder andere op nuwe reëls vir sogenaamde “on-call” werkers, veranderinge aan ouerskapsverlof na aanleiding van die Van Wyk-saak, ’n moontlike verhoging in skeidingsvergoeding, asook breër afdwingingsbevoegdhede vir die CCMA en inspekteurs.

Daar word ook voorgestel dat nuwe werknemers gedurende ’n aanvanklike proeftydperk minder beskerming teen onbillike ontslag kan hê.

Hierdie veranderinge kan praktiese implikasies hê vir werkgewers se kontrakte, beleide en kostestrukture. Ons moedig lede aan om kennis te neem van die voorgestelde wysigings – die volledige Government Gazette is aangeheg vir u verwysing.

Gazette 2026